SARIE KOS

Wyn vir jou pot

GESONDHEID! OP DIE LEWE EN LEKKER ROOIWYN . . .

Johan Calitz is sedert 2019 ’n wynmaker by Mischa Wyne op Wellington. Ons het by hom gaan aanklop om meer oor sy passie vir wynbou uit te vind en te hoor wat dit behels om goeie rooiwyn te maak

1 Waar het jou liefde vir die wynbedryf begin?

Ek het aanvanklik ingenieurswese op Stellenbosch begin studeer, totdat ek in my eerste jaar agtergekom het wyn is baie lekkerder en die skuif na ’n BSc-graad in wynbou en wingerdkunde gemaak het.

2 Wat is tot dusver vir jou die hoogtepunt as wynmaker?

Daar is ’n paar oomblikke wat uitstaan, soos die drie onvergeetlike maande toe ek in die Napa-vallei in Kalifornië gaan werk het ná ek my graad in 2018 ontvang het, die vriendskappe wat ’n mens smee waar jy gaan en die onbeskryflike uitsigte. Maar my hoogtepunt tot dusver is die 5-ster-Plattertoekenning vir die Mischa Reserve Grenache 2021.

3 Watter wyne produseer Mischa Wyne?

Die fokus is grotendeels op rooiwyn, naamlik cabernet sauvignon, cabernet franc, merlot, shiraz, grenache, malbec, petite sirah en cinsaut, maar ons produseer ook ’n paar witwyne, naamlik roussanne, ’n baie onbekende wit kultivar, en chenin blanc.

4

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE KOS

SARIE KOS2 min read
DIE ROMERIGE GROEN LEKKERTE Avokado
● 3 resepte met avokado ● Perfek vir ontbyt ● In ’n lekker sous vir steak My kosheld het hierdie gereg een aand op TV gemaak en ek het in verwondering toegekyk. Ek moes dit net probeer. Die kors met avokado pleks van botter gaan jou hart oorrompel.
SARIE KOS7 min read
Presto! Pesto
● ’n Vrou se kragtoer ● Waar kom die naam vandaan?● 6 resepte met pesto Wanneer Kathleen Quillinan met haar klein Fiat 500 deur die verkeer vleg, word sy gereeld begroet deur ’n getoeter. Saam met vriendelik-waaiende hande en uitroepe: “Mal oor jou
SARIE KOS1 min read
Resepte-indeks
130 Vyedrankie (B) 131 Vyekonfyt en brood (B) 46 Eiers gebak in basiliekruidpesto (B)47 Smoorsous-ontbyt (B)94 Mexikaanse avokado-eiers130 Oornag-hawermout (B) 94 Jamie Oliver se avokado-kors met ertjie-en-hamvulsel141 Sampioen-focaccia144 Sampioen-q

Related