Landbouweekblad

Strategieë vir groter wins

REEKSTEGNOLOGIE 360

1 Ingesteldheid. Maksimum produksie moet verander na doeltreffende produksie. Optimaliseer elke eenheid van produksie. Streef produksie-uitset per hektaar weiding, lewendehawe-eenheid, tyd en rand bestee na, soos ’n kalf:koeigewigsverhouding.

2 Benut tegnologie reg. Ondersoek alle tegnologie, maar gebruik net dit wat waarde toevoeg. Selfs eenvoudige tegnologie moet hersien en oorweeg word, soos KI. SenseHub se tegnologie om KI-besetting te verhoog, bespaar byvoorbeeld tyd en geld, maar het ’n bykomende voordeel omdat jy meer kalwers van die spesifieke KI-bul kry (beter teelmateriaal), wat weer die nageslag se waarde verhoog.

3 Gebruik van data. Data is goud werd, mits dit relevant en akkuraat is en vir besluitneming verwerk kan word. Sakboekies is nie voldoende nie; dit raak weg. Bêre data eerder op die wolk. ’n Rekenaar met goeie hardeware is nou bekostigbaar, begin dus jou data vir besluitneming gebruik.

4 Bemarkingsingesteldheid. Verstaan, pas aan en word ’n prysmaker. Ja, dit kan tot ’n mate gebeur, maar dit kan baie waarde toevoeg. Speenkalwers wat byvoorbeeld homogeen is, ingeënt en rumenaanpassing ondergaan het, bied waarde vir ’n voerkraal wat ’n boer in prysonderhandelings kan gebruik.

5 Kyk terug om te sien wat verander het, en kry jouself

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related