Huisgenoot

TRANE TOE HY SY OË OOPMAAK

ÊRENS tik-tak ’n horlosie moeisaam voort – elke tik die teken van nóg ’n sekonde, ’n minuut en ’n uur wat verbysleep. Meer as twee weke lank is die ure in haar dae aan ’n verlammende onsekerheid geken en het sy geleef met die ontnugterende besef dat die verloop van tyd ál is waarvan sy nou seker kan wees.

Dagin en daguit het Nádine deur die geoutomatiseerde deure van die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria gestap. Eers deur die ontvangsgebied, dan af met die lang gepolitoerde gang, met die hysbak op tot by die sesde vloer – in by die waakeenheid.

Hier het die Springbokheld Derick Hougaard, al byna ses jaar haar beminde, sedert die oggend van 10 Junie gelê. Hy was byna twee weke lank in ’n mediesgeïnduseerde koma en aan ’n asemhalingsmasjien gekoppel.

‘HY SÊ HY WIL HUIS TOE GAAN. HY IS MOEG GELÊ; SY LYF IS SEER. MAAR HY BESEF OOK DAT SY LONGE NOG ’N BAIE LANG TYD MOET AANSTERK’

Verlam deur die onsekerheid van wat die komende dae inhou, sou Nádine toe nog nie kon weet dat Derick op 22 Junie die eerste keer sy oë sou oopmaak nie.

Of dat sy in die dae hierna weer die eerste keer sy stem sou hoor nie; al is dit ook net ’n fluisterstem.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Breipatrone By Dosyne
Alle breiliefhebbers, hier is Huisgenoot se nuwe Brei-uitgawe. Propvol patrone om hierdie winter af te skop sodat daar iets vir elkeen in die gesin is: truie vir peuters en kleuters, volwassenes en selfs jul geliefde brakkie. Allerlei komberse en kus
Huisgenoot1 min read
Agter Die Skerms
▶ Die reeks is in die noordelike voorstede van Kaapstad verfilm, asook op Stellenbosch en in die Jonkershoek-omgewing. ▶ Die vervaardigers het ’n ou herehuis op ’n kleinhoewe naby Durbanville gehuur om as Oupa en Ouma se huis te dien. Hulle het die p
Huisgenoot2 min read
Kolskoot Vir ’n cowboy
MET daai skrefiesoë wat onder die rand van ’n breërandhoed uitgluur, en ’n pistool sekuur op sy vyande gerig, kon hy enige skurk in hul broek laat … bewe. As speurder kon hy sonder om eens ’n oomblik te aarsel vir die skelm toesnou: “Go ahead, make m

Related