PALOEKA die leeu en Palawa die kameelperd is druk besig. Hulle konsentreer baie hard toe Bibi by die boomhuis inkom. Hulle sien haar skaars raak.
“Hallo, Paloeka. Hallo, Palawa,” groet sy. Stilte. Niemand groet terug nie.
“So, waar moet die vislyn vasgemaak word?” vra Paloeka.
“Hier by die pienk gedeelte,” sê Palawa en wys iets op die stuk papier voor hulle.
“Hallo. Babbels?” sê Bibi weer.
Die wind waai vreeslik en die boomhuis kreun wanneer die wind om die hoeke huil.
“O, hallo, Biebs,” sê Palawa, maar