Landbouweekblad

Bestuursfaktore vir suksesvolle bokboere

SPESIALE FOKUS VEE FREDALETTE UYS

Die bokbevolking neem wêreldwyd toe, en word veral in Europa gewilder vanweë die lenige vleis.

Só het dr. Ariena Shepherd, ’n veearts wat in die behandeling van bokke en skape spesialiseer, op die jaarlikse kongres van die Herkouerveterinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) gesê. Sy het gepraat oor verskille in bestuur by bokke, en ’n paar belangrike punte uitgelig.

Wat bokke se slaggewig betref, is die gemiddeld nog redelik swak. Melkproduksie het die afgelope 20 jaar aansienlik verbeter, met bokmelk wat om verskeie redes gewilder word.

Die melk kan byvoorbeeld dadelik gevries word sonder die pasteurisasieproses. Vir verkope moet melk steeds gepasteuriseer word. Bokmelk is ’n goeie opsie vir kinders met laktose-intoleransie. Sommige bokke produseer reeds 15-18 liter melk per dag.

Bokke teenoor skape

Daar is ’n paar maniere om bokke en skape van mekaar te onderskei. Bokke het 60 chromosome (dieselfde as beeste), terwyl skape slegs 54 het. Ondanks hierdie verskil is kruisteling tussen skape en bokke moontlik, en die hibriede nageslag kan vrugbaar wees.

Daar is ongeveer 300 bokrasse ter wêreld. Dit sluit vleis-, melk-, bokhaar- en kasjmierbokke in. Die Boerbok wat in Suid Afrika geteel is, is die enigste ras wat slegs vir vleis geteel

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding

Related Books & Audiobooks