Landbouweekblad

BRIEWE

DUBBELE SPIERE HET BAIE NADELE

Die artikel “SA boere werk saam om dubbelbespiering te pak” (L BW , 29 Julie) oor dubbelbespiering by vleisbeesrasse in Suid Afrika het betrekking.

Saam met dubbelbespieringsgene in ’n ras verskyn ’n hele rits nadelige eienskappe. Die heterosigotiese diere (50%-dubbelbespierd) wat deur telersgenootskappe goedgekeur word, dra nadelige gene wat aan die nageslag oorgedra word. Dit is juis die bulle wat mooi bespierd en aantreklik vir telers is, wat meer nadele as voordele bring. As enige eienskap oorbeklemtoon word, word ander eienskappe nadelig geraak.

Ek is as konsultant by verskeie vleisbeeskuddes van verskillende rasse betrokke. Ek het reeds oor ’n hele paar jaar ondersoek ingestel na die effek van dubbelbespiering op die dier en sommige belangrike eienskappe. Hier is enkele gevolgtrekkings:

■ Geboortegewigte neem toe. By ’n sekere ras het die gemiddelde geboortegewig in die afgelope 15 jaar met 5% van 36 kg tot 38 kg toegeneem. In ’n studie deur SA Stamboek is gevind dat draers van sulke gene se geboortegewig 4,2% hoër was as diere sonder die geen. ’n Swaarder geboortegewig veroorsaak dat die baarmoeder langer duur om te herstel, wat die tussenkalfperiode verleng.

■ Melkproduksie word. Hierdie gene word dus vermeerder met die volgende voorkomseienskappe wat geraak word:

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
‘Besigste Lughawe In Suidelike Halfrond’
DIE meeste vliegtuie wat hy al binne ’n uur op die Nampo-oesdag se vliegveld buite Bothaville moes hanteer, was 70, sê Cliff Lötter, gesoute lugverkeerbeheerder by die Nampo-vliegveld. Volgens die lughawensmaatskappy (Acsa) se statistieke vir die 202
Landbouweekblad2 min read
Vir Jou Maak AFGRI ’n Plan
Sedert die vroeë jare van die Nampo-oesdag se bestaan is AFGRI daar om sy landbou-oplossings na die boer te bring. “Vir ons is dit belangrik om jaar ná jaar op die Nampo-oesdag te wees sodat ons ons netwerke met ons klante kan versterk. Dit gee ons o
Landbouweekblad1 min read
Nasionale Veiling 2023
Die hoogtepunt van die jaar bly maar die Algemene Jaarvergadering, dinee en dan die Nasionale Veiling. Die Algemene Jaarvergadering was baie goed bygewoon deur ons telers. Daar is belangrike punte behandel, groot besluite is met deursigtigheid en goe

Related