Die Oscarbenoemde akteur Harrison Ford is vir oulaas te sien as die legendariese argeoloog met die sweep, Indiana Jones, wat die wêreld van antieke booswigte red. Dis nou wanneer hy nie klas gee nie.
In dié vyfde fliek van die reeks is dit 1969, en die avontuurlustige Indiana is oplaas gereed om af te tree. Hy was immers al langer as ’n dekade verbonde aan New York se Hunter-kollege. Die gerespekteerde professor sien uit daarna om die tyd rustig in sy beskeie woonstel te verwyl.
Maar die noodlot is nog nie klaar met Indiana nie. Hy kry ’n onverwagte besoek van sy vervreemde peetdogter, Helena Shaw (Phoebe Waller-Bridge). Sy