DIE dag ses maande gelede toe die dokters haar vertel hul woelige vierjarige seuntjie het kanker, was die ergste van haar lewe. Hoe kan iets so verskriklik met Marlo gebeur? Hy is dan so klein en onskuldig, het Marinet Janse van Rensburg toe gevra.
Maar die 39-jarige enkelma van Cullinan het haar gestaal en ter wille van haar gesin diep gedelf. Want benewens haar kommer oor Marlo en die hospitaal- en mediese rekeninge wat ophoop, het sy tienerbroer en -suster ook hul ma nodig.
Tyd vir selfbejammering was daar nie.
Die maande het verbygegaan en die uitdagende dae het ’n leefstyl geword. Marinet het in ’n stadium gedurig moeg begin voel, maar haar nie daaraan gesteur nie. Dis maar die