1 Verken die baai
Jy besef eers hoe groot die baai van Walvisbaai is as jy met ’n seiljag daarop vaar. Vandat ’n mens uit die hawe vertrek tot by Pelican Point – die skiereiland se verste punt – is dit sowat 10 km!
Hier is só baie lewe in die strandmeer dat jy kan wildkyk op die water. Trouens, jy kan Namibië se Groot Vyf van die see afmerk: Rob, dolfyn, sonvis, walvis en leerrugseeskilpad. En dalk kom rus ’n pelikaan ’n rukkie op die boot! Die pelsrobbe, sowat 60 000 sterk, sien (en ruik) jy by Pelican Point terwyl