Weg!

Doen dié 8 klassieke dinge

1 Vaar tussen dolfyne by Walvisbaai

Vir ’n land met só ’n lang kuslyn is daar verbasend min plekke waar jy op bootvaarte kan gaan. Verskeie operateurs vertrek wel uit Walvisbaai se hawe – die toere is meestal in die oggend.

Laramon Tours (laramontours.com) se Dolphin Cruise (9 vm.-12.30 nm.) kos R850 p.p. (R425 vir kinders jonger as 12). Aan boord teug jy aan vonkelwyn en sluk vars oesters. Jy sien dalk dolfyne of selfs ’n walvis as jy gelukkig is. Daarby sien jy die vuurtoring en robkolonie by Pelikaanpunt en pelikane kom bedel langs die boot vir ’n happie.

Mola Mola () se Marine Dolphin Cruise is soortgelyk en kos R890 p.p. en R550 vir kinders 4-12) bied ook vaarte in die baai – die Dolphin & Seal Cruise kos R950 p.p. en R520 vir kinders 4-12 jaar oud.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related