Weg!

Uitsig op uitsig!

Ugab Terrace Lodge

’n Padteken waarsku dat dit hef aan is teen ’n stewige helling voordat ’n mens die lodge bereik. Weet jy wat word gesê van steil paaie? Ek ook nie, maar dis dalk iets soos hoe hoër, hoe mooier. Want jy sal wraggies ver moet soek om ’n beter 360°-uitsig te kry oor die Ugabvallei as hier van die Ugab Terrace Lodge af wat op een van die terrasse gebou is.

Sekere lodges maak hulle daaraan skuldig om die omliggende natuur te onderspeel deur jou met luukse dekor te verlei om eerder binnenshuis te bly. Nie dié lodge nie. Hier voel jy deel van die omgewing danksy die balans tussen eenvoud en elegansie; eindelose uitsigte en netjiese kamers met dik handdoeke en wit linne.

Van hier bo af is die sonsondergange oor die terrasse sonder gelyke. Dit gaan dalk oorreding verg om aan die lodge se aktiwiteite deel te neem, want dit is ’n plek vir met ’n boek ontspan en jou oor te gee

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe
Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg3 min read
SA Deur ’n Lens
Die Suid-Afrikaanse Fotograaf van die Jaar is ’n relatief nuwe kompetisie wat in 2021 op die been gebring is deur die fotograaf William Steel met die doel om ons diverse landskappe, wildlewe en kulture en die breër Afrika-kontinent te vier, en ook om

Related