Baba & Kleuter

Is jy ’n heli-ma?

Jy hardloop nader as jou kind net struikel, jy maak ’n afspraak by die dokter sodra sy die geringste teken van ’n loopneus toon en dis vir jou niks vreemds om haar kleuterskool elke uur te bel nie. Ja, sommige mense noem jou dalk ’n helikopterma, maar jy weet jy doen als in jou vermoë om jou lieflingkind te beskerm.

Ons maak ons kinders immers vandag in ’n baie ander wêreld groot as dié waarin ons grootgeword het toe ons nog sorgeloos buite kon speel en fietsry.

Ons lees elke dag van aaklige dinge wat met onskuldige mense gebeur en daarom is dit sekerlik reg as ’n mens al die moontlike doen om jou kind te beskerm. Of is dit?

Sinette van Rooy Booysen, ’n kliniese sielkundige van Durban, sê dit is inderdaad vir ouers moeilik om die balans tussen beskerming en oorbeskerming te vind. ”Ouers wat hul kinders oorbeskerm, doen hulle nie ’n guns nie, maar ontneem hulle van belangrike lewensvaardighede wat bydra tot gesonde

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter3 min read
MYNE! Myne!
Sunette du Plessis van Olivedale in Johannesburg weet nie meer watter kant toe nie, want klein Matt (3) weier om met sy boetie, Josh (1), te deel. “Ek het al alles probeer. Ek het mooigepraat, sy handjie gewiks, uitsittyd probeer ... Niks werk nie. I
Baba & Kleuter3 min read
Die Lekkerte Van Lees
Toe Mohandas Gandhi eendag van ’n trein afgegooi is, was dit die begin van sy reis om ’n einde te maak aan die onregverdige behandeling van Indiërs in Suid-Afrika – ’n reis om almal te leer dat jy die wêreld kan verander sonder om geweld te gebruik.
Baba & Kleuter4 min read
Werk Met Geld
Baie mense se finansiële krisis kon voorkom gewees het, as ’n paar eenvoudige lessies oor geld nagekom is ... Daar is nie ’n onuitputbare bron van geld nie; as jy geld leen moet jy dit terugbetaal, as jy iets nie kan bekostig nie behoort jy dit nie t

Related