TOE haar seun gebore is, het sy baie drome gehad oor die wonderlike dinge wat hulle nog vorentoe als saam sou doen.
Staptogte, visvang, bergfietsry – Chantéll Bothma kon nie wag om ’n wêreld vol avontuur vir haar kind te ontsluit nie.
Maar sy het nooit die kans gekry om dit te doen nie. Pleks daarvan was sy angstig en depressief en het sy gereeld pyn gehad. En dít was die ma wat haar seun die afgelope sewe jaar leer ken het.
Chantéll pak die skuld vir haar swaarkry en lewensgehalte op die