Huisgenoot

WEES GEGROET, PRINS VAN WALLIS

CHARLES was net nege jaar oud toe sy ma aangekondig het dat haar oudste seun prins van Wallis sou word.

“Ek is van voorneme om vandag my seun, Charles, die prins van Wallis te maak,” het koningin Elizabeth op 26 Julie 1958 aangekondig in ’n vooraf opgeneemde boodskap wat by die Ryk- en Statebondspele in Cardiff, Wallis, gespeel is.

“Wanneer hy volwasse is, sal ek hom by Caernarfon-kasteel aan julle voorstel.”

Die kasteel – waarvan die naam dikwels as Carnarvon-kasteel verengels word – is in Noordwes-Wallis en word wyd as een van die asemrowendste geboue van die Middeleeue beskou.

Maar dit sou nog 11 jaar duur voor Charles se inhuldigingseremonie by die kasteel sy titel amptelik sou vier – en sy ma se aankondiging het die onbeholpe jong skoolkind destyds laat ineenkrimp.

In sy boek The Queen sê die koninklike biograaf Matthew Dennison Haar Majes- teit het Charles nie vooraf ingelig dat sy die aankondiging sou doen nie en die prins het vernederd gevoel.

“Charles het dit uitgevind in die skoolhoof se studeerkamer by Cheam [sy laerskool] saam met ’n groep klasmaats terwyl

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro

Related