Huisgenoot

DIE BEGIN VAN ’N ERA

HY WAS TERDEË BEWUS DAARVAN DAT HY OP DIE PUNT VAN DIE BEGIN VAN SY BEWIND GESTAAN HET

OP DIE dag ná sy ma se dood, Vrydag 9 September 2022, het koning Charles III sy eerste televisietoespraak as soewerein gelewer. Koningin Elizabeth II was die oudste monarg in die Britse geskiedenis, en ook die een wat die langste nóg regeer het. Dit was ’n aangrypende en roerende huldeblyk aan ’n merkwaardige vrou, staatsamptenaar en geliefde heerser.

Hy het uit die hart gepraat – poëties en persoonlik. Sy laaste reël, “may flights of angels sing thee to thy rest”, was ’n aanhaling uit William Shakespeare se Hamlet, waar Horatio hulde bring aan die prins van Denemarke terwyl hy in sy vriend se arms sterf.

Dit was ’n teken van respek deur Charles aan die vrou wat die lamp op sy pad was, ’n lig wat nou uitgedoof is.

Die koningin is op 8 September om 15:10 vreedsaam in haar bed in Balmoralkasteel oorlede.

Sy was 96 jaar oud. Charles en sy suster, Anne, die princess royal, was gelukkig albei in Skotland toe hulle die eerste keer ingelig is dat die koningin se gesondheid skielik verswak het.

Charles, wat die aand van 7 September by ’n geleentheid by Dumfries House in Ayrshire was, het die volgende oggend per helikopter geland by Balmoralkasteel, die koningin se landgoed in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot2 min read
Vermaak Vir Almal
Ons land se jongste TikTok-sensasies spog nou ook met hul eie kosreeks, Tietie en Nanna kook, op VIA. Dié twee Kaapse susters kook dat die stoom staan in hul woonstel in die Strand, en hul tradisionele geregte laat oud en jonk se mond water. Dink aan

Related