![f0010-01](https://article-imgs.scribdassets.com/6833z9v8w0b037uv/images/fileFHJLIIHE.jpg)
‘DIE DINGE WAT EK TOT HIER TOE BELOOF HET, SAL EK NAKOM EN ONDERHOU; MAG GOD MY HELP’
![f0012-01](https://article-imgs.scribdassets.com/6833z9v8w0b037uv/images/fileTVVVBNJO.jpg)
DIE SEREMONIE
Dit was ’n diens vol eeue oue tradisie, maar met genoeg moderne kinkels – insluitend die erkenning van uiteenlopende gelowe en kulture – om iets van die moderne Verenigde Koninkryk en Britse Ryk te weerspieël.
Die aartsbiskop van Canterbury, Justin Welby, was aan die stuur van die seremonie in Westminster Abbey waar Charles op 6 Mei nie net as nuwe Britse staatshoof gekroon is nie, maar ook as die nuwe leier van die Anglikaanse Kerk.
Engelse kroningsplegtighede volg al sedert die laat 14de eeu ’n program wat in ’n Latynse geskrif, die Liber Regalis (“koninklike boek”), uiteengesit is.
Die verrigtinge is begin deur die 14-jarige koorsanger Samuel Strachan wat die koning verwelkom het. “U majesteit, as kinders van die koninkryk van God verwelkom ons jou in die naam van die Koning van konings.”
Charles het gereageer: “In Sy naam en in navolging van sy voorbeeld kom ek om te dien.”
‘IN SY NAAM EN IN NAVOLGING VAN SY VOORBEELD KOM EK OM TE DIEN’
DIE ERKENNING EN DIE EED
Die hoogwaardigheidsbekleërs en ander in die kerk het die monarg amptelik erken en verklaar: “God save the king.” Daarna het Charles onderneem om sy landgenote ingevolge die wet te dien.
Charles het sy hand op ’n Bybel gesit en verklaar: “Die dinge wat ek tot hier toe beloof het, sal ek nakom en onderhou, mag God my help.”
Die aartsbiskop het “God save the king” laat hoor, en die gehoor het geantwoord: “God save king Charles.” Hulle het bygevoeg: “Lank lewe koning Charles. Mag die koning vir altyd lewe.”
Toe het die nuwe koning sy eed onderteken.
![f0012-02](https://article-imgs.scribdassets.com/6833z9v8w0b037uv/images/fileDQ6X8Q2G.jpg)