Huisgenoot

Tot koningin GEKROON

OP 2 JUNIE 1953 het Brittanje kort voor 11 vm. tot stilstand gekom. Familie, bure en vreemdelinge het in sitkamers, stadsale, kerkeenhospitalebymekaargekom; almal op soek na ’n sitplek in die voorste ry by die okkasie van die eeu.

Televisie het destyds nog nie lank bestaan nie, maar verkope het deur die dak geskiet in die aanloop tot die kroning van die jong koningin Elizabeth II.

Die uitsending van die geleentheid het egter vooraf ’n debat ontlok …

A nee a, het premier Winston Churchill geskok gesê. Dis vernederend vir ’n koninklike om sommerso in die huise van miljoene gewone mense te verskyn! Die koningin het egter nie saamgestem nie. Sy wou hê haar onderdane moes die geleentheid geniet.

En ’n koningin kry wat sy wil hê … Toestemming is enkele dae voor die seremonie verleen dat kameras die kroning kon vaslê.

’n Verstommende 27 miljoen mense in Brittanje het daardie dag ingeskakel – driekwart van die bevolking.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related