Huisgenoot

RUS SAG, U MAJESTEIT

JY BESEF dit is iets wat jy in jou lewe nooit weer sal beleef nie. Al staan jy in die middel van ’n skare van duisende mense, is dit so stil dat jy so byna ’n speld op Londen se teerstrate kan hoor val.

Vandat die eerste note van die begrafnisdiens vanuit Westminster Abbey gehoor is, het die hele distrik rondom dié ou Middeleeuse gebou – en elkeen van die menigte mense wat soos sardientjies op die sypaadjie ingeprop staan – tjoepstil geraak.

Dis asof die hele wêreld meteens die sombere atmosfeer van ’n begrafnis-diens aangeneem het.

Oor die jare het almal geweet koningin Elizabeth II se heengaan sal ’n geleentheid vol fanfare en seremonie wees.

Maar die atmosfeer wat ’n mens nou beleef as jy hier in Londen staan, omring van mense uit elke uithoek van die aarde, is selfs meer as dit: Dis gewyd.

Meer as 2 miljoen mense het na Londen gekom en byna 1 miljoen het tougestaan – soms vir tot 24 uur in die koue – om hul laaste respek te betoon aan die koningin waar sy in Westminster Hall in staatsie gelê het.

Duisende mense het oornag kamp opgeslaan langs die roete waarlangs die koningin se begrafnisprosessie vandag beweeg.

Die geleentheid is die grootste uitsending in die geskiedenis van TV, met selfs meer kykers as die 2,5 miljard wat in 1997 na prinses Diana se begrafnis gekyk het.

Toe Huisgenoot kort ná vyfuur vanoggend in Sentraal-Londen aangekom het, het die strate gewemel van polisie, weermagoffisiere en sekuriteitswagte. Die sypaadjies naby Westminster Abbey was haas onbegaanbaar – daar was slapende mense op sypaadjies, op mure, en onder bome.

Almal was gretig om ’n plek te kry van waar hulle ’n paar oomblikke lank die koningin se kis kon sien verbykom.

Rebecca Baker en haar 12-jarige dogter, Flello, vertel hulle het in ’n tent oornag en selfs daarin geslaag om ’n paar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Kalligrafie
Korrek. Kállos beteken skoonheid, en graphein beteken om te skryf. Kalligrafie is die kuns van skryf met sierletters. Dis hoe lank die dokument is waarop die amptelike rekord van koning Charles se kroning gedruk is. Die handgeskrewe dokument is vir d
Huisgenoot4 min read
Skietgebede En ’n Plakkaat
TOE ek klein was, het ons radio geluister tot die batterye opgeraak het. In Nyandeni, waar ek grootgeword het, het hulle eers in die 2000’s elektrisiteit begin insit. Dit was soos toorkuns vir ons. Ons het nie eens ’n TV gehad nie. Baie mense het ges
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,

Related