TRRRRR!
Die groot televisieskerm in die Babbels se boomhuis maak ’n harde geraas.
“Kom Bibi, ons het ’n videoboodskap,” roep Paloeka die leeu. Hy sit al heeldag en wag vir die vraag van die dag om deur te kom.
Palawa die kameelperd en hul beste vriendin, Bibi, kom nader.
Hulle het buite op die gras gelê en na die wolke gekyk.
“Nou maar kom ons luister na die vraag van die dag,” sê Bibi.
’n Meisie se gesig verskyn op die skerm.