Huisgenoot

Prontuit met PIZZA!

Oornagpizza met TUIS-GEMAAKTE PASSATA-SOUS (Margherita)

GENOEG VIR 8 MIDDELSLAGPIZZAS BEREIDING: 30 MIN. STAAN: OORNAG GAARMAAK: 35-40 MIN.

DEEG

◗ 625 ml (2½ k) louwarm water
◗ 5 ml (1 t) suiker
◗ 1 x 10 g-pakkie kitsgis
◗ 60 ml (¼ k) olyfolie + ekstra vir bak
◗ 1 kg broodmeel + ekstra vir strooi
◗ 10 ml (2 t) sout

TAMATIESOUS

◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ 1 ui, gekap
◗ 2 knoffelhuisies, gekap
◗ 2 ansjovisfilette, fyngekap (opsioneel)
◗ 2,5 ml (½ t) vars of droë tiemie
◗ 4 sondroë tamaties, fyngekap
◗ 2 x 410 g-blikke kersietamaties
◗ 5 ml (1 t) suurlemoensap
◗ 2,5 ml (½ t) suiker
◗ sout en vars gemaalde peper

AFRONDING

◗ olyfolie
◗ 200 g mozzarella, in skyfies gesny of gerasper
◗ vars basilieblare

Smeer ’n diep mengbak met ’n bietjie olie. Strooi ’n paar bakplate liggies met broodmeel en hou eenkant.

1 Deeg Meng 250 ml (1 k) louwarm water met die suiker en kitsgis. Laat staan 30 min. of tot die gismengsel begin skuim op die oppervlak.

2 Meng die gismengsel met die res van die water en die olie.

3 Sit die meel en sout saam in ’n bak en meng goed. Maak ’n holte in die middel en giet die gismengsel daarin. Meng met ’n vurk tot ’n slap deeg vorm.

Vat ’n houtlepel en klop die deeg 10 min. – andersins, gebruik

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Hy gaan op 72 deur ’n rowwe tyd weens rugbeserings, sê Leon Schuster. Maar hy maak grappies deur die pyn – en hy gáán nog sy droomfliek maak My prins, ek love jou en bid vir jou. Wees sterk my ou en beweeg, staan op, beweeg. My liewe grapjas, hou net
Huisgenoot6 min read
Tuindoepa
ALLES is in skakerings van groen. Swartgroen struike groei welig in die skadu van die fluoressente geelgroen koorsboom. ’n Groepie unieke blougroen broodbome word deur olyfgroen siergras omsoom. Eenkant groei die skoonma-se-tong. Geharde blaartonge k
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related