Huisgenoot

KAAPS-MALEIS geurig en maklik

FETA-SPINASIE-&-MACON-QUICHE

GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING: 30 MIN. / BAK: 40 MIN.

DEEG

◗ 330 ml (1¹⁄3 k) koekmeel, gesif
◗ 100 g gesoute botter, verkoel en in blokkies gesny
◗ 7,5 ml (½ e) vars tiemie
◗ 2 groot of 3 middelslag-eiergele, geklits
◗ 60 ml (¼ k) verkoelde water

VULSEL

◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ 8-10 snye macon of ontbytbeesvleisrepe, grofgekap
◗ 1 ui, in dun skywe gesny
◗ 1 knoffelhuisie, geskil en fyngedruk
◗ 400 g babaspinasieblare
◗ 3 eiers
◗ 300 ml dik-of kookroom
◗ 140 g fetakaas, gekrummel
◗ 1,25 ml (¼ t) sout
◗ 1,25 ml (¼ t) vars gemaalde swartpeper
◗ 1,25 ml (¼ t) vars gemaalde neutmuskaat

1 Deeg Plaas die meel in die bak van ’n elektriese menger met die deeghaak.

2 Voeg die blokkies botter by en meng tot ’n krummelrige tekstuur vorm.

3 Roer die tiemie in.

4 Klits die geklitse eiergele in ’n aparte bak saam met die koue water.

5 Voeg die eiermengsel geleidelik in die mengbak in en meng teen ’n lae spoed.

6 Wanneer die deeg gevorm is, rol dit in ’n bal, draai dit in kleefplastiek toe en sit dit vir 20 min. in die yskas.

7 Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n ronde 25 cm-tertbak met kleefwerende sproei.

Haal die deeg uit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related