Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

1 VATSO, JOU LUISLANG!

Toe ’n luislang haar worshondjie, Coco, beetkry, het Danielle de Kock nie gehuiwer om die reptiel aan die stert te gryp nie

Jy was so dapper, ek is trots op jou. Jy het jou eie lewe in gevaar gestel om jou klein hondjie te red. Min mense sou dit gewaag het, ek is seker daarvan. Danielle, jy is regtig ’n baie spesiale jong mens.

ALET

’n Luislang het my kat geëet toe ek in die laerskool was. En ek het dit gesien. Ek was nie so dapper soos jy nie, hoewel my kat toe reeds dood was. Al wat ons kon doen, was om verder na die proses van die natuur te kyk.

HANDRI

Jy is ’n ware diereliefhebber. Supertrots op jou! Baie ander mense sou dalk net staan en kyk het. My honde beteken ontsettend baie vir my, en ek hoop ek sal ook so dapper wees om my lewe te waag vir hulle.

ADELLE

’n Luislang het ook my kinders se babalabrador gevang.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Die Olimpiese Gimnas Nadia Comaneci
MONTREAL, 1976. In die fel kollig lyk sy soos ’n porseleinpoppie. Toe begin die 14-jarige gimnas met haar aanloop en jy kan ’n speld hoor val in die arena en televisiekamers wêreldwyd. Vir 30 sekondes swaai en tuimel sy deur die lug asof swaartekrag
Huisgenoot4 min read
Juffrou X - Sterre
By die Victory Heights Hoërskool is die eindeksamen net één van die uitdagings wat kinders in die gesig staar. Maar ’n paar onderwysers sal enigiets doen om hulle kinders ’n kans in die lewe te gee, binne of buite die klaskamer. Juffrou X (Trix Vivie
Huisgenoot4 min read
111 Jaar Met Pap, Vleis En Marog
DIE lug bo Mpumalanga se Hoëveld is vandag grys en bewolk. Amper soos die oorlogswolke wat 110 jaar gelede bo die verre Europa saamgepak het. Ons praat hier van die Eerste Wêreldoorlog wat in 1914 uitgebreek het. Daardie verskriklike slagting wat dee

Related Books & Audiobooks