Idees

RYKDOM UIT KOEVERTE

Ek is danksy ’n nuwe TikTok-gier, ‘cash stuffing’, nou met groot geesdrif op die smal en reguit finansiële paadjie. Genees van my onverantwoordelike bankkaart-glipaanvalle.

Op my lessenaar pryk ’n oulike nuwe begrotingsjoernaal wat ek danksy Pinterest saamgeflans het. Voor in is ’n begroting wat hopelik nou in graniet gegiet is. Daarin is state vir elke week van die jaar wat ek getrou sal moet balanseer. Natuurlik ook skoon bladsye vir doedels, mind maps, planne en projekte. Als gefokus op my finansies. Agterin die joernaal is daar ’n reeks plastiekkoeverte geliasseer. Op elkeen staan die naam van my verskillende uitgawes van die maand: kruideniersware, petrol, skryfbehoeftes, koffiewinkels, bederfgoed, klere, haarsny, apteek, geskenke, Kersfonds, vliegfonds, noodfonds, beleggingsaanvullings.

Elke maand, ná my noodsaaklike aftrekkings soos mediese fonds en versekering, onttrek ek die oorblywende kontant en verdeel dit tussen die koeverte volgens wat ek op die betrokke uitgawes mag bestee. Die bedrae in die koeverte dek nie altyd die uitgawe nie, maar dis ’n mini-spaarplan, want as ek byvoorbeeld vir ses maande elke maand ’n bedrag in my vliegfonds bêre, kan ek by my kind gaan kuier.

Teen my kantoormuur pryk ’n nuwe finansiële droomkaart met ’n grafiek wat aandui hoe my geldjies groei. (Ek het dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees3 min read
Spogstyl
Hierdie styl word gekenmerk deur 'n minimalistiese voorkoms, wit mure, gewoonlik houtvloere en meubels met skoon lyne. 'n Kombinasie van teksture, kontraste, sagte kleure en balans is belangrik wanneer jy die styl bymekaarsit. In hierdie vertrek sien
Idees2 min read
Aartappel-samoesas
Maak: omtrent 20 Bereidingstyd: 60-90 minute Gaarmaaktyd: omtrent 45 minute ♥ 4 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny ♥ 100 ml bevrore ertjies ♥ 15 ml canola-olie ♥ 5 ml heel komynsaad ♥ 1 takkie vars kerrieblare (opsioneel) ♥ 5 ml fynge
Idees1 min read
Stensil Op Klei
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 'n paar minute (droogtyd uitgesluit) JY BENODIG ♥ lugdroogklei (genoeg vir die item wat jy wil maak, plus 'n bietjie ekstra) ♥ blomstensil (van plastiek) ♥ 2 velle asetaat (plastiekbakvelle sal ook werk) ♥ rolstok ♥ spu

Related