Landbouweekblad

Persketyd

PERSKE-EN-MANGOKONFYT

Die geure van perskes en mango’s is sinoniem met somer. Botteleer dus die smaak van die sonskynmaande vir die kouer dae wat kom. Geskilde lospitperskes of nektariens, met skil en al gesnipper, werk lekker in hierdie resep.

■ 500 ml fyngesnipperde mango’s

■ 750 ml fyngesnipperde perskes

■ 310 ml suiker

■ Sap van ’n halwe suurlemoen

Verhit al die bestanddele stadig oor lae hitte in ’n groot kastrol terwyl aanhoudend geroer word. Roer tot al die suiker opgelos is en verhit dan die mengsel tot kookpunt. Prut, terwyl jy aanhoudend roer, tot die konfyt dik en geurig is. Skep in gesteriliseerde flesse en verseël dadelik met gesteriliseerde deksels. Laat afkoel en bêre op ’n koel, droë plek. Sodra die konfyt oopgemaak is, bêre in die yskas.

Lewer ongeveer 1

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related