Avontuur Afrika

Renosters, skilpaaie & herinneringe

Ek en my dogter het op ‘n teerpad van die noordelike KwaZulu-Natalse dorp, Hluhluwe, na die gedenkhek van die Hluhluwe-iMfolozi Park gery. Die laaste keer wat ek hierdie reis onderneem het, was in 1975 saam met my ouers en toe was hierdie bloot ‘n stuk grondpad. Dit was een van daardie full circle oomblikke, aangesien ek nou hierdie besonderse bewaringsgebied vir my dogter wou wys.

Ek was baie opgewonde, maar ook ‘n bietjie skrikkerig – my herinneringe aan hierdie wildtuin is van ‘n groep renosters wat op ‘n mistige bergtop gelê het en ek was opgewonde dat my dogter ook só ‘n toneel sou kon beleef. My bekommernis was te wyte aan die feit dat ek vir die eerste keer ooit saam met ‘n toeroperateur (wat deur ‘n vriend vir my aanbeveel is) gereis het, asook al die hartseer stories wat ‘n mens oor renosterstropery hoor.

By die park se ingang het ons ons gids, Frank Carlisle, ontmoet. Frank, wat vir baie jare lank as wildbewaarder in die einste park gewoon en gewerk het, is die mede-eienaar en stigter van Bhejane 4x4 Adventures. Duidelik passievol oor die bevordering van toerisme in die omgewing, het hy ons vertel dat Bhejane die Zoeloe-woord vir swartrenoster

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko
Avontuur Afrika4 min read
Nou Met Meer…
Die legendariese Toyota Land Cruiser 70 is die eerste keer in 1984 in Japan bekendgestel en vier vanjaar sy 40ste herdenking. Dis amper ongelooflik om te dink dat meer as 10 000 000 eenhede sedertdien wêreldwyd verkoop is. Dit is ‘n verstommende 250
Avontuur Afrika3 min read
Goeters & geite
Dit klink baie romaties om in die reën te dans, maar dis nie altyd so lekker nie. Vra my… ek het al genoeg kere in my lewe natgereën om te weet waarvan ek praat! Daarom is ek mal oor die K-Way Backpack Rain Poncho. Gemaak van 100 persent 190T poliëst

Related