Weg!

BRIEWE

Raar maar waar

Ek deel graag hierdie spesiale oomblik met julle: Ek het in Oktober 2022 dié Madagaskarkoekoek in Kranspoort, ’n vakansiedorp in Mpumalanga, afgeneem. Hierdie spesie word selde in Suid-Afrika gesien en die opsigter van die dorp het mense toegelaat om te kom kyk.

Ek móés net die geleentheid aangryp toe ek daarvan hoor.

Daar was bespiegelinge onder voëlkykers dat dit dalk ’n jong Piet-my-vrou is, maar kenners het na ’n video van die voël gekyk en kon sy roep uitken as dié van ’n Madagaskarkoekoek.

RIAN BOSHOFF, Middelburg

SKRYF AAN ONS EN WEN!

Rian wen ’n stel Zartek ZA-723-tweerigtingradio’s ter waarde van R1 760. Hierdie jongste model maak kommunikasie maklik – dit het helder, duidelike klank met ’n reikwydte van tot 6 km buite afhangend van die terrein. Dis reeds geprogrammeer met 16 kanale waarvoor jy nie ’n lisensie nodig het nie. Die harde huls is kompak en stewig en die radio’s het ’n USB- en ’n muurlaaier. zartek.co.za

GESELS MET ONS

Skryf aan . Jy ken die storie... verkieslik minder as 300 woorde, en gee asseblief jou voornaam, van én tuisdorp. As jy ’n foto aanheg, maak asseblief seker dis groter as 2 MB. behou hom die reg voor om briewe te redigeer

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg4 min read
Hou Die Hitte Binne
Pofbaadjies is fantasties. Lekker lig en warm en dit vou maklik weg in jou rugsak... totdat jy ver weg van skuiling in ’n hewige reënbui betrap word. En, o wee, as daardie donsveertjies eers nat word! Die meeste pofbaadjies is waterbestand (teen mis
Weg2 min read
V & A
DENISCHKA UYS van Durbanville skryf: Ek het hierdie spinnekop in ons tuin gesien. Dit het vir ’n paar dae op dieselfde plek gesit en daar was babaspinnekoppe in kleiner webbe rondom dit. Watter soort spinnekop is dit? Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN
Weg2 min read
Bly Hier
Oorkant die geskiedkundige dorpie Matjiesfontein swaai ’n witpienk grondpad van die N1 af noordwaarts. Wanneer ’n mens dié afdraai vat, voel dit na skaars ’n kilometer asof jy die wêreld agterlaat. Sover as die oog kan sien, is dit net Groot-Karoo en

Related Books & Audiobooks