Waar kom jou passie vir insekte vandaan?
Ek het in die 1950’s op Alberton grootgeword en graag as kind die Transvaalse Hoëveld verken. Ek wou aan ’n landboukollege verder studeer, maar het ongelukkig nie daarvoor gekwalifiseer nie. Ek het toe gesoek na ’n beroep wat indirek steeds met landbou te doen sou hê en het entomologie aan die Universiteit van Natal studeer. Ek het veral belang gestel in die biologiese beheer van insekplae