‘HIERDIE IS MY WAARHEID. NOU. HIER TERUG IN MY LAND’
WANNEER hy oor homself praat, gebruik hy gereeld woorde soos “transformeer” en “oorgang”. Want die afgelope jare was sy lewe ’n reis om homself te vind – ’n reis wat hom van die arenas van internasionale rugby tot by die afgeleë reënwoud van Costa Rica geneem het.
Daar het hy “Jungle Joe” geword, hom gewend tot natuurlike genesing en ’n organiese vrugteplaas begin. Hy het ’n veganistiese leefstyl gevolg, gemediteer en joga gedoen in die wildernis. Sy eens gespierde lyf het lenig geword; sy haarlokke en baard lank en vry – soos sy gees.
Maar nou is hy op pad terug Suid-Afrika toe – gereed