SARIE

KOLLAGEEN KUUR OF GIER?

Anders as met vullers, sien jy eers die verskil een tot drie maande later. Maar dit hou ook baie lank – tot twee jaar
dr. Maureen Allem

Jennifer Aniston drink dit al jare lank soggens in haar koffie, Kate Hudson meng dit by haar smoothies, en Khloé Kardashian verkoop dit onder die handelsnaam Dose & Co. As jou lagplooitjies dreig om dongas te word, het jy sekerlik al daarvan gehoor. Dalk selfs oorweeg om dit te gebruik.

Kollageen is ’n jellieagtige proteïen wat in jou bene, spiere en senings voorkom, en dis deel van die vel se bindweefsel wat dit ferm en jeugdig laat lyk. Dis noodsaaklik vir vel-elastisiteit en dryf ook die vernuwing van velselle.

Tot 70% van jou vel bestaan uit kollageen. Dis verantwoordelik vir die struktuur en integriteit van die velweefsel, stigter en mediese direkteur van die skoonheidsgroep Skin Renewal. “Baie mense dink dit het met volume te doen, maar dis nie waar nie – vetweefsel onder die vel laat jou vel plomp en jou gesig voller lyk. Kollageen hou weer die velweefsel ferm en sterk. Gesonde vetweefsel en kollageen verminder albei soos ons ouer word.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
16 Blaaie Vir Die Ontspan, Die Probeer En Die Pret!
DWARS 7 Te perd (6)8 ’n Mooi man (6)9 Ekonomiese insinking (8)10 Begeer (4)11 Wat bestaan (4)12 Kombineer (8)14 Poort (8)16 Godsdienstige gebruik (4)18 Bondel druiwe (4)20 Ondermyn (8)22 Alarm (6)23 Vroeër (6) AF 1 Ervaar (6)2 Oor argumente praat (8
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE6 min read
WENNERS NÉS MA & PA
Resepteboekskrywer Marisa de Bruyn oor modeontwerper-ma Marianne Fassler Toe Marisa de Bruyn van Ladybrand in die Oos-Vrystaat ’n resepteboek-projek aanpak, ten bate van haar kinders se skool, kon sy put uit die kreatiwiteit van drie generasies vroue

Related