SY IS sekerlik een van die mooiste en suksesvolste aktrises wat die land al opgelewer het, maar vandag straal sy meer as gewoonlik, want ’n klein bondeltjie mens lê op haar skouer en slaap.
Rolanda Marais het op 44 weer ma geword, en al was sy voorheen al op die moederskapsreis, is die nuwe toevoeging tot haar gesin ’n vreugde in die huis.
Die seuntjie gee ’n “ewh” en Rolanda se oë raak sag terwyl hy wakker word. “Hallo, Boetietjie,” groet sy hom.
Sy en haar regisseur-man, Jozua Malherbe (40), was oortuig hul gesin is voltallig met hul geliefde klein Charlotte (6) wat die dae vol gemaak het, maar die lewe het ’n ander plan gehad. Op 16 September het Naudé sy opwagting gemaak.
“Die grootste glips van 2022, maar ’n welkome een,” het