Huisgenoot

DOLVERLIEF OP MY 2 SEUNS

IN DIE dae dat sy die kroon as die wêreld se heel mooiste gedra het, het sy talle laat aande beleef wanneer sy glansgeleenthede oor die aardbol moes bywoon. Maar deesdae is dit ’n klein mensie – of eintlik twee van hulle – wat Rolene Strauss uit die slaap hou.

En nes enige ma van ’n baba én ’n kleuter wens ons voormalige Mej. Wêreld sy het meer arms gehad en dreig die eise van moederskap soms om haar te oorweldig. “Jy wonder of jy as mamma goed genoeg is; of jy genoeg aandag aan almal gee en of daar genoeg gesonde kos is,” erken die 27-jarige ma wat ’n mediese graad agter haar naam kan skryf.

Ondanks die rustelose nagte wanneer haar driejarige kleuter tussen die baba se borsvoedings deur daarop aandring om by sy ma en pa te kom inkruip, lyk Rolene steeds beeldskoon. Die donkerkop wat in 2014 as Mej. Suid-Afrika en later daardie jaar ook as Mej. Wêreld gekroon is, se lang hare val glansend oor haar skouers en sy straal van geluk.

Want al is dit nie speletjies om klein mensies groot te kry nie, vergoed die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Die Spele In Syfers
Soveel etes sal daagliks in die Olimpiese dorp bedien word. Die aantal lande wat sal deelneem, insluitend die IOK se vlugtelingespan. Soveel ton CO₂ sal deur die Olimpiese Spele in Parys gegenereer word. Die organiseerders noem dit die groenste Spele
Huisgenoot2 min read
Wat Jy Moet Weet Oor Gedwonge Of Vroeë Aftrede
1 Is ek kragtens die wet verplig om op ’n sekere ouderdom af te tree? Nee. Die neiging is tussen 60 en 65, maar geen Suid-Afrikaanse wet skryf dit voor nie. Jy kan werk so lank as wat jy wil, of as wat jou dienskontrak bepaal. Werkgewers mag nie teen
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related