Huisgenoot

MY NUWE PAD NÁ MEJ. WÊRELD

VIR die wêreld het sy gelyk soos die vrou wat alles het waarvan gewone sterflinge maar net kan droom.

Sy was beeldskoon genoeg om eers as Mej. Suid-Afrika en toe as Mej. Wêreld van 2014 gekroon te word. Sy was briljant genoeg om die streng keuring vir mediese skool te slaag en toe reeds drie suksesvolle studiejare agter die blad te hê.

En toe sy ná die glansryke jare as skoonheidskoningin haar mediese graad voltooi in dieselfde jaar dat haar eersteling gebore is, was dit duidelik Rolene Strauss is ’n raakvatter soos min.

Maar juis toe sy haar babaseun geborsvoed het terwyl sy met ’n boek in die hand sit en studeer, het die knaende onsekerheid in haar binneste die oorhand gekry.

“Ek het gevoel ek is nie ’n goed genoeg mamma nie, nie ’n goed genoeg student nie en nie ’n goed genoeg vrou nie,” erken Rolene (29) vandag.

In daardie stadium het sy nog aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein studeer, terwyl haar man, D’Niel Strauss (39), op Stellenbosch gewoon en gewerk het.

“Dit het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related