NOG ’n jaar lê voor en jy wonder dalk reeds hoe jy al die balle in die lug gaan hou. En dan moet jy nog jou Nuwejaarsvoornemens vir 2023 ook implementeer …
Sou dit nie wonderlik wees as jy ’n paneel van kenners kon gehad het wat kon nader staan om jou raad te gee nie? ’n Lewensafrigter, ’n lig liggaamsbouer, ’n dieetkundige en ’n finansiële adviseur by wie jy enige tyd kan kers opsteek. Helaas het min mense geld vir al dié diensverskaffers.
Gelukkig het daar die afgelope jaar boeke verskyn wat jou raad oor al dié sake gee. Hou hulle op jou boekrak en sleep hulle nader wanneer jy ’n swak gewoonte wil afskud, ’n toksiese vryer wil los, jou geld beter wil belê of wil kos maak sonder om gewig aan te