Huisgenoot

SURVIVOR SA: WAAR IS VAN DIE GUNSTELINGE NOU?

DIE skok as die naam uitgelees word. ’n Fakkel wat geblus word. En dan dié woorde: “The tribe has spoken.” Is daar ’n meer herkenbare reël in werklikheidstelevisie? Waarskynlik nie.

Ja, dié soort reekse is deesdae volop – huisvroue wat naels wys, tuiskokke wat droom van sjef word, of ’n boer wat ’n maat soek. Maar Survivor is die één reeks wat die toets van tyd waarlik deurstaan.

In Amerika, waar die reeks in 2000 begin het, sit kykers tans vasgenael voor die 43ste seisoen, steeds met die heel eerste aanbieder, Jeff Probst. ’n Weergawe van die Survivor-formaat is al in meer as 50 lande vervaardig, en steeds kan kykers nie genoeg kry van dié oorlewingskompetisie nie. Dis ’n wenresep, wat ook hier in Suid-Afrika werk soos ’n bom.

Die eerste Survivor South Africa is in 2006 uitgesaai; en in vanjaar se seisoen nege, Return of the Outcasts, het ons toegekyk hoe Dino Paulo uit die ouddeelnemers wat wéér kom probeer het as wenner gekroon is.

Net een mens kan die prysgeld wen, maar dis nooit net die seisoen se wenner wat onthou word nie. En die deelnemers is dit eens: Die lesse wat Survivor hulle geleer het, bly hulle steeds by. Ons het gaan inloer by van die karakters wat in die afgelope paar reekse ons harte gewen, ons laat skaterlag of ons boos gemaak het.

Die Challenge Beast: Francois ‘Chappies’ Chapman (33)

Seisoen 8 () en seisoen 9 ()

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related