Huisgenoot

PRAAT só MET jou TIENER

TIENERSKAP kan ’n stormagtige tyd vir kinders én hul ouers wees. In hierdie fase word jou kind se wêreld op sy kopgekeer. Tieners ontwikkel in dié tyd hul eie waardestelsel – een wat dalk van joune verskil. Waag jy dit net om iets verkeerds te sê dan waai die hare.

Al die veranderings waardeur tieners in hul puberteit gaan, dra by tot hul emosionele warboel en hul manier van kommunikeer, sê Sharon Melrose, ’n sielkundige van Kaapstad.

Wat vir jou ’n klein verandering is, kan vir hulle wêreldverskuiwend wees. Selfs iets wat vir jou nie so ernstig lyk nie, soos om byna oornag langer te word, veroorsaak dikwels dat tieners in hul eie liggaam ongemaklik voel.

Nog iets wat tieners broos en liggeraak laat voel, is die feit dat hulle nie fisiek en sielkundig teen dieselfde

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot2 min read
Vermaak Vir Almal
Ons land se jongste TikTok-sensasies spog nou ook met hul eie kosreeks, Tietie en Nanna kook, op VIA. Dié twee Kaapse susters kook dat die stoom staan in hul woonstel in die Strand, en hul tradisionele geregte laat oud en jonk se mond water. Dink aan

Related