Huisgenoot

Die EERSTE DUISEND DAE VAN LEWE: Begin reg!

DUISEND dae. Dit klink dalk soos ’n vreeslike lang tyd, maar wanneer jy besef hoe baie dinge jou klein wonderwerkie alles in die eerste duisend dae moet baasraak, sal jy wens die tyd kon stadiger verbygaan sodat jy meer tyd kon hê om by dit alles uit te kom.

Want dit is in dié belangrike tydgleuf dat die fondasie van ’n kind se fisieke, emosionele en breinontwikkeling vasgelê word. Hoe jou kind vorentoe in die lewe sal ontwikkel, word beïnvloed deur wat in dié tyd gebeur.

“Elke dag van hierdie reis is belangrik en beïnvloed die manier waarop die baba groei, ontwikkel, leer en uiteindelik in die lewe floreer,” sê Venessa T’Hart, spesialisinvroeëkinderjare-ontwikkeling van Cotlands, ’n organisasie sonder winsbejag wat programme oor dié onderwerp aanbied.

Die eerste duisend dae van jou baba se lewe word deur sommige mense bestempel as die tydperk vanaf die oomblik waarop bevrugting plaasvind tot die tweede verjaardag omdat jou baba reeds voor geboorte begin ontwikkel.

Venessa sê jy moet daaraan dink as ’n tuin wat jy begin. “Jy berei die grond voor, vertroetel die saad deur dit water te gee, jy maak seker dit het genoeg son en sorg dat die omgewing geskik is vir optimale groei. Uiteindelik kan jy die vreugde beleef om te sien hoe saailinge begin bot en blom.”

Die eerste duisend dae van kinders se lewe is die tyd waarin hul brein die vinnigste groei, sê dr. Melodie de Jager, skrywer en stigter van die BabaGim-Instituut.“Die brein hou aan ontwikkel tot op

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot2 min read
Ziza En Nickey Jacobs
EK HET my pa in 2004 in ’n ongeluk verloor. Hy het van Victoria-Wes Kaap toe gegaan om werk te gaan soek, en hy sou weer in Desember daai jaar terugkom, maar hy’s in November in die ongeluk dood. So toe is die broodwinner weggevat. Dinge was donker.
Huisgenoot6 min read
Menings Oor Stories Op Huisgenoot.com
Marinda Engelbrecht praat oor haar vriendskap met Peter Veldsman, die befaamde sjef, kosredakteur en kookboekskrywer wat op 82 oorlede is Hy was ’n ware kosikoon, so innoverend en wêreldwyd gerespekteer. Saluut! My deeglik gebruikte versameling harde

Related