Landbouweekblad

Wynmaker met visie wil SA genees

As jy deesdae in die vroeë oggendure, net ná 01:00, ’n oproep kry van die sekretaresse van die Ugandese president wat sê daar is vier nonne op die lughawe wat op pad na jou toe is, druk jy die foon dood en slaap verder.

Maar dit was parstyd in 2005, en mnr. Philip Jonker (49) het op Bonnievale gewag vir die besoekers, wat ywerig was om te leer wyn maak “Dit het op ’n baie vreemde manier by my uitgekom,” sê Jonker vandag laggend wanneer hy terugdink aan die oproep van pres. Yoweri Museveni se sekretaresse.

Mr Jonker, the four sisters from Uganda have arrived. They are waiting for you at Cape Town International Airport.

Die volgende dag het Jonker die vier begin leer wyn maak.

“As dit nóú met my moet gebeur, sal ek waarskynlik dink dit is ’n scam.”

Jonker is die vierde geslag wynboer op die plaas Weltevrede by Bonnievale in die Wes-Kaap. Sedert 1912 lewer dié familiebesigheid pioniers en bedryfsleiers in die Suid-Afrikaanse wynbedryf op.

Aan sy pa, Lourens, asook sy ma, Annamarie, se kant is daar ’n ononderbroke familiegeskiedenis van tien geslagte waar elkeen geboer het. Die Jonkers het in die Kaap, via Drakenstein en die Klein-Karoo, uiteindelik op Bonnievale beland. Sy ma kom uit ’n lang familielyn boere van die Vrystaat en die Noord-Kaap.

“Ek is dus geneties gemanipuleer om te boer,” sê Jonker skertsend.

DIT HET BEGIN BY ’N E-POS ...

Jonker het vroeg in 2005 uit die bloute ’n e-pos ontvang van ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
’n Kwartmiljoen Vir 50% Van Bul
Kroon Vee Brahmane se heel eerste winterveiling, gehou op 22 Mei, was ’n reusesukses met 100%-verkope en ’n uitstekende prys wat vir ’n aandeel van die kudde se topbul behaal is. Die helfte van “die koning van Kroon Vee” is vir R250 000 aan Leon van
Landbouweekblad6 min read
Oor Pryse, Markdruk En Die Toekoms Van Vlote
Tydens die Nampo-oesdag het Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad, met Stephan Nel van Case oor die stand van sake by dié maatskappy en die bedryf gesels. Julle het vanjaar geen spesiale aanbiedinge by Nampo gehad nie. Hoekom? Ons probeer
Landbouweekblad6 min read
Wees Só Beter Voorbereid Op Elke Droogtestadium
Die meeste droogtebestuurspraktyke en hulppakkette in Suid-Afrika is nog baie reaktief, maar deur voorkomend op te tree, kan die nadelige gevolge van droogte op die landbou aansienlik verminder word. Daarom is dit nodig dat gebeurlikheidsplanne vir d

Related