![f0024-01](https://article-imgs.scribdassets.com/1cl8wvg400adw981/images/fileJYYMC3V6.jpg)
![f0024-02](https://article-imgs.scribdassets.com/1cl8wvg400adw981/images/file416PYYX3.jpg)
![f0024-03](https://article-imgs.scribdassets.com/1cl8wvg400adw981/images/fileDRHFH63B.jpg)
DIS die taal van die digitale era en word deur almal gebruik, van jou buurvrou tot die president. Elke dag word 10 miljard van hulle gestuur, en baie mense dink dit druk jou gevoelens beter as woorde uit.
Tog kan emoji’s – daardie gesiggies, blommetjies en hartjies wat mense so graag rondstuur – maklik ook tot misverstande aanleiding gee. Dinge verander gereeld, en dikwels kan so ’n simbooltjie vir ’n ouer persoon iets heel anders as vir ’n jong mens beteken.
Met die meer as 3 600 emoji’s wat deesdae beskikbaar is, is die moontlikheid van ’n misverstand groter as ooit vantevore. Kyk byvoorbeeld na die duimprentjie, ’n handjie wat sy duim oplig. Dekades lank is dit gesien as ’n teken