Tuis

Salige SOMERGENOT

Tuisgebakte broodrolletjies

Broodbak is heerlik, veral as jy nie haastig is nie en die proses kan geniet – soos wanneer jy vakansie hou. Dié veelsydige rolletjies is lekker met botter, kaas en heuning, of span dit in as mini-rolletjies gevul met ’n gebraaide vleisie en koolslaai.

Maak 10-12 rolletjies
Voorbereiding: 45 minute, plus rystyd
Baktyd: 20 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

• 4 x 250 ml meel, plus ’n bietjie ekstra vir die knie

• 10 g kitsgis

• 30 ml suiker

• 5 ml sout

• 250 ml louwarm water

• 60 ml ongegeurde jogurt

• 1 eier

• 60 ml olyfolie, plus ekstra vir smeer GLASEERSEL

• 1 eiergeel, geklits

• 15 ml melk

• sesamsaad of kruietakkies (opsioneel)

1 Meng die meel, gis, suiker en sout in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel en voeg die nat bestanddele by. Meng die deeg met jou hand in die mengbak totdat dit bymekaarkom. Keer die deeg uit op ’n meelbestrooide oppervlak en knie verder tot glad en elasties – sowat 10 minute (hou moed, dit is die moeite werd!).

2 Sit die deeg in ’n skoon mengbak wat met olyfolie gesmeer is en smeer ook ’n bietjie olyfolie bo-oor die deeg. Bedek met kleefplastiek en laat dit op ’n warm plek rys tot dubbel die volume. Onthou, omdat hierdie ’n verrykte brooddeeg met jogurt en eier is, kan dit ’n bietjie langer neem as gewone brooddeeg.

Verdeel die deeg in 10-12 ewe groot balletjies. Smeer jou hande en die oppervlak waarop jy werk met ’n bietjie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie
Tuis4 min read
TOT LOF VAN loof
Die meeste plante blom vir lang tye van die jaar nié, daarom is dit noodsaaklik om die blare en groeiwyse in ag te neem wanneer jy plante vir ’n bedding kies. ’n Mens kan redeneer die blomme is net ’n bonus, die blare is eintlik waarna jy moet kyk vo

Related