Tuis

PROE DIE sonskyn!

Lemmetjie-en-klappertert

Dié mooie tert gaan net soveel harte steel soos die klassieke suurlemoenmeringue.

Maak 1 x 25cm-tert Voorbereiding: 20 minute Baktyd: 25-30 minute Oondtemperatuur: 170 °C

 1 pakkie (200g) sjokolade-semelbeskuitjies, fyngekrummel
 100g botter, gesmelt

VULSEL

 1 blik (385g) kondensmelk
 4 eiergele
 180ml klappergegeurde volroomjogurt
 gerasperde skil van 2 lemmetjies
 125ml lemmetjiesap
 5ml rumgeursel (opsioneel)

GARNERING

 klapperskaafsels, Switserse meringue (sien wenk), bessies, eetbare blommetjies en mentblare

1 Voorverhit die oond. Meng die koekiekrummels en die botter en voer ’n tertbak daarmee uit sodat dit ’n dun kors vorm. Hou in die yskas tot nodig.

2 Klits nou die kondensmelk en eiergele saam vir ’n paar minute. Voeg die res van die vulselbestanddele by en klits tot lekker dik.

3 Giet die vulsel in die voorbereide kors, smeer effens gelyk en bak vir 25-30 minute of tot net ferm. Haal uit die oond en laat afkoel. Die tert moet goed koud wees voor jy dit versier.

4 Rangskik die klapperskaafsels in rosies op die vulsel. Skep die meringue in ’n spuitsak en spuit rosette. Rooster die klapper en meringue liggies met ’n blaasvlam en voltooi die prentjie dan met die bessies, blommetjies en mentblare.

Wenk Spaar tyd deur gekoopte gaar skuimpies tussen die ander versierings oor die tert te krummel.

Kaaskoek-brownies

As jy gewoonlik nie tussen sjokoladekoek

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar
Tuis3 min read
Groen EN AARDS IN DIE BETONOERWOUD
WIE WOON HIER? Wim en JC Steyn en hul tweelingseuns, Luka en Liam (5)WAAR Linden, JohannesburgGROOTTE 423 m² Groen, wit en aards is hoe ons Wim en JC se elegante huis in die Goudstad leer ken het sedert hulle in 2015 hier ingetrek het. Nege jaar, vie
Tuis4 min read
TOT LOF VAN loof
Die meeste plante blom vir lang tye van die jaar nié, daarom is dit noodsaaklik om die blare en groeiwyse in ag te neem wanneer jy plante vir ’n bedding kies. ’n Mens kan redeneer die blomme is net ’n bonus, die blare is eintlik waarna jy moet kyk vo

Related