D ie selfoon op die bedkassie begin kraai. Dis 04:30 en die enigste inwoner van Kerkstraat 18 skrik uit ‘n droomwêreld wakker. Hy is pastoor Dawid Elias.
“Vandaq sal Manie Wales al sy plesiergoedjies oppak en uit hierdie dorpie loop, of hy sal soos hy dié plek ingekom het, met net sy klere aan sy lyf, hardloop!” Só het broer Nathan Jeftha gisteraand in die gemeenskapsaal gesê.
Gisteraand het pastoor Elias ‘n bloemlesing nader getrek en ‘n gedig gelees.
“In Sondag-stilte lê die gruispad aan my voete; gevurk na goed en kwaad, gevul met vae beloftes…”
Net voordat hy die volgende oggend die hek oopswaai wat vanaf die pastorie na die kerkwerf lei, rus pastoor Elias met sy linkerhand op ‘n stutpaal. Met sy Bybel onder sy regterarm vertoef hy ‘n oomblik stil.
Nie om te rus nie, maar om sy glaserige oë na Bo te slaan waar