Huisgenoot

DOODGETRAP DEUR ’N KAMEELPERD

DIS ’n windstil Woensdag in die Kuleni-wildpark in die Hluhluwe-gebied, KwaZulu-Natal. Nie ’n snikhete dag nie en nie te koud nie; welkome weer. Allermins die soort dag dat jy verwag ’n verbysterende voorval gaan afspeel.

Dylan Panos maak reg vir sy dag– sy familie bestuur Bhejane Nature Training waar aspirantveldgidse opgelei word. Dan hoor hy ’n kinderstem by die deur.

“Kudu!” roep die driejarige Kayden sy oupa. Kayden kan nog nie die “l” in “khu- lu” (die Zoeloewoord vir “oupa”) sê nie.

Dylan se dogter Nicole (25), Kayden se ma, kom ingestap met haar tweede kind, Kaia (16 maande), in haar arms. Dis vir oupa Dylan en ouma Christa (“Taita” vir die kinders) ’n hoogtepunt, hierdie vinnige inloer soggens.

As hulle maar net geweet het dit is die laaste keer dat hulle so met albei kleinkinders saam gaan kuier.

Want binne die volgende ure het Kaia die slagoffer geword van ’n wilde dier – die laaste dier wat ’n mens sou raai ’n kind kan bedreig – en die Panos-familie se lewe het soos handomkeer verander.

DIE dag gaan sy gang. Nicole stap saam met die kinders

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related Books & Audiobooks