WANNEER JY DIE HAND BYT WAT JOU VOED
WENBRIEF Hemelhoë insetkoste, soos kunsmispryse wat met 100% gestyg het en brandstof wat veel duurder is as ’n jaar gelede, droogtes, vloede, bek-en klouseer . . . Dít alles en meer is deel van boerdery. Om alles te kroon, blaas die vakbonde stakings aan sodat die beste uitvoerprodukte by die hawens lê en vrot. Wie kan dan nog aangaan met boerdery?
Net die boere van Suid-Afrika, natuurlik. Ons kry steeds die beste kos en drank in die winkels, en graan, vleis en ander produkte word steeds uitgevoer en is gesog in die buiteland – reg oor die wêreld. Ons as verbruikers ervaar dié voorreg as vanselfsprekend, want ons het só grootgeword. Ek glo steeds dat ek arm, maar nie honger nie sal doodgaan.
Mense wat nie lees nie, weet soms nie van boere uit die buiteland wat in Suid-Afrika oor vele aspekte van die landbou kom leer nie. Nog minder mense weet hoe gesog ons jonger geslag