Huisgenoot

Die houtvaas

DOLF was die oggend besig om reg te maak om werk toe te gaan toe hy hoor hoe iemand hard en dringend aan Erik se woonsteldeur klop.

Hy maak sy deur oop. Twee polisiemanne staan voor Erik se deur. Wat het die man nou weer aangevang, dink hy.

“Kan ek julle help?”

“Môre, ek is sersant Josephs. Ons soek na meneer Rabie se mense. Dit is mos sy woonstel die, nè?”

“Dis reg, Sersant, dis meneer Rabie se woonstel, maar hy was lank laas hier.”

“Is jy bevriend met meneer Rabie?” vra die sersant.

“Ja, baie goed. Hoekom soek julle hom? Is daar fout?”

“Ek dink jy moet saam met ons kom, Meneer. Meneer Rabie het homself gisteraand doodgeskiet. Hy het hierdie kort briefie nagelaat. Kan jy saamkom, asseblief?”

’n Drawwer het die oggend op Erik afgekom. Hy is dood in sy kar aangetref in die parkie agter die hoërskool se sportterrein.

Dolf steier effens terug van die skok.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot4 min read
Ongewerwelde Diere
KAN jy glo 97% van diere op Aarde het nie ’n ruggraat nie. Dit klink ongelooflik, maar dis waar, en jy sal sien dat hierdie ongewerweldes van die vreemdste en wonderlikste wesens is wat jy kan teëkom! Daar is nagenoeg 35 groepe ongewerweldes, en somm
Huisgenoot6 min read
Doodgewoon
DIS die middel van die nag, die middel van Mei, die middel van die neëntigs. Ons is in ons vroeë twintigs, op die N1 iewers anderkant Bloemfontein. Ver anderkant. Anderkant Welkom ook. Op pad na ’n vriend in die noorde. Die radio vang lankal net ’n g

Related