Landbouweekblad

VAN SPITVURK TOT SPILPUNT Aartappelboer wys waar vasbyt hom bring

Nou kan ek myself ’n aartappelboer noem, sê mnr. Aldrin Lawrence van die Buyshoek-boerdery by Mara in Limpopo.

Voordat hy vroeër vanjaar as Aartappels SA se opkomende produsent vir 2022 aangewys is, het Lawrence gedink hy is eintlik nog maar ’n amperse bestaansboer. “Die mense hier in die omgewing sê met aartappels moet jy 30 ha per jaar onder aartappels hê om jouself ’n kommersiële boer te kan noem.” .

Hy het wel 30 ha onder sy bestuur, maar met wisselbou plant hy tans net nagenoeg 14,4 ha aartappels onder spilpunte. Hy het sy eerste spilpunt in 2017 gekoop en drie jaar gelede nog een aangeskaf.

Vanjaar plant hy vir die eerste keer ook aartappels onder drupbesproeiing op die 2 ha waaruit sy pa, mnr. Gilbert Lawrence, sy lewe lank ’n bestaan gevoer het.

Met ’n glimlag vertel Lawrence hoe sy pa die pot aan die kook gehou het met groente wat hy op die 2 ha aan die voet van die Soutpansberg verbou het om aan smouse op Louis Trichardt te verkoop – onder meer beet, wortels en slaai.

“Ons het nie genoeg skaal gehad om tamaties, aartappels en uie teen mededingende

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related