Landbouweekblad

Lekkerste kos met lugbraaier

TANDOORIPLATHOENDER

As jy iets anders wil probeer as jy volgende keer braai, kan jy die hoender oor die kole goudbruin braai nadat dit in die lugbraaier gerooster is.

■ 1 groot hoender, vars of ontdooi

■ 1 ui, grofgerasper

■ 2 knoffelhuisies, fyngekap

■ Sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

■ 60 ml tandoori-speserymengsel of 45 ml geroosterde masala

■ 500 g volroomjogurt

■ Sout en varsgemaalde swartpeper

Romerige kruiesous

■ 250 g aangesuurde room (crème fraîche)

■ 4 takkies pietersielie, baie fyn gekap

■ 2 takkies koljanderblare, baie fyn gekap

Plaas die hoender met die borskant na onder op ’n snyplank en verwyder die rugbeen deur dit weerskante met ’n kombuisskêr los te knip. Maak bekend. (Só word die hoender oraloor aan die tandoori-marinade blootgestel, en word dit ook gouer gaar.) Plaas die hoender met die velkant na bo in ’n vlak metaalbak. Meng die ui, knoffel, suurlemoensap en -skil, speserye en jogurt in ’n groot mengbak. Giet oor die hoender en marineer vir 2 uur in die yskas. Verhit die lugbraaier tot 180 °C op lugbraaifunksie. Haal die metaalbak uit die yskas en haal die hoender uit die marinade. Geur die hoender goed met sout en peper en plaas in die lugbraaiermandjie. Skep al die marinade oor die hoender. Lugbraai 30-40 minute of tot die hoender gaar en goudbruin is.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related