Landbouweekblad

’n Nuwe wêreld vra nuwe maniere van doen – ook vir boere

Verbruikers dink deesdae opnuut oor hul kos en waar hulle dit in die hande kry – en daar is nogal baie dinge wat in produsente van vars produkte se guns tel.

Me. Elena Ozeritskaya is die stigter van Fresh Insight, ’n Nederlandse maatskappy wat verbruikersinsigte aan besighede in die voedselbedryf verskaf. Sy het op die internasionale varsprodukteverenigig (IFPA) se Suider-Afrika-konferensie in Kaapstad ’n paar neigings bespreek wat kan help om insigte te verbreed.

WEES WOKE

Hierdie term verwys na mense se bewustheid oor maatskaplike en rasse-geregtigheid. Verbruikers het ’n bykans dringende behoefte daaraan om deursigtigheid en verandering te sien, om oopkop en respekvol te wees. Dink maar aan bewegings soos Black Lives Matter. Dit gaan oor inklusiwiteit, want almal behoort aan ’n gemeenskap.

“Dit het ’n invloed op die kosbedryf, want verbruikers is meer betrokke by hoe kos geproduseer word. Dieregesondheid en die gehalte van diere se lewens raak belangriker, daarom dink hulle twee keer oor vleis- en visverbruik,” sê Ozeritskaya.

Tot 42% van verbruikers beskou hulself deesdae as fleksitariërs, en sal dus vleis en vis in die week vermy. Veral onder jonger verbruikers is die vegetariese en veganistiese dieet besig om sterk pos te vat.

“Die plantgebaseerde beweging groei en ek meen die varsproduktebedryf kan daarby baat vind. Mense soek alternatiewe vir vleis, soos

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related