Huisgenoot

’n Lewe vol REISE

IN HAAR grootwordjare het die koningin nie juis veel gereis nie. Sy was al amper 21 jaar oud voor sy haar voet op enige plek verder uit Brittanje as die eiland Wight aan diesuidkus van Engeland gesit het.

Toe breek 1947 aan en kom sy Suid-Afrika toe! Sy en Margaret het hul ouers vergesel op hul eerste koninklike toer en eerste oorsese reis na Suider-Afrika.

Dit was die begin van ’n vol en dikwels uitputtende reisprogram. Die koningin sou die mees berese staatshoof ter wêreld word. Sy het altesaam 42 keer om die aardbol gereis en ’n geraamde 1,66 miljoen km afgelê met 261 amptelike besoeke aan 126 lande en grondgebiede. Party plekke het sy ’n paar keer besoek.

Die koninklike seiljag, die familie se amptelike seevaartuig, het meer as ’n miljoen seemyl in die loop van meer as vier dekades afgelê. Koninklike vlugte het nog groter afstande afgelê.

Anders as die meeste stralerjakkers het die koningin selde net vir die lekkerte oorsee gegaan, behalwe ’n paar keer wanneer dit met haar geliefde renperde verband gehou het.

As sy vakansie wou hou of net wou wegbreek, het sy gewoonlik na Balmoral in Skotland gegaan. Oorsese reisie was altyd ’n plig.

WELKOM IN KAAPSTAD

Die Moederstad se berugte suidooster het hom die dag tevore uitgewoed en die kwik het tot ’n snikhete 40 grade C gestyg op daardie Februarie-dag toe die koningsgesin – koning George, koningin Elizabeth en die prinsesse Elizabeth en Margaret – by ’n saluut van 21 skote aanland en 1 200 skoolkinders op Vlaeberg in rye gestaan het te spel.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot5 min read
Nog Aan Die Brand
MY PA is dood toe ek 17 was. Ek het skool gelos en begin boer. Met geen ondervinding nie. Op 23 het ek die plaas verloor. Ek het nie geweet waarnatoe nie. Selfs plaasvoorman probeer wees, maar dit het ook nie gewerk nie. Ek het niks geweet van boer n
Huisgenoot2 min read
Vuurvliegies
VERBEEL jou dis laat op ’n warm someraand en skielik kry die naglug om jou lewe. Oral dartel vrolike klein liggies rond wat die landskap in ’n sagte gloed omhul. Dis die vuurvliegies wat uitgekom het en nou met mekaar maats maak deur hul liggies te f

Related