Dis heeltemal te vroeg in die oggend iewers in die Nasionale Krugerwildtuin. Behalwe vir die getjirp van ‘n kriek, wat klink of dit vanuit jou tent kom, die kort-kort geblaf van die bobbejane wat in die vyeboom bokant jou slaap en natuurlik die snork-oorlog wat tussen die tente weerskante van jou woed (of dalk jou gade in die bed langs jou?), is die stilte van die bos verskriklik oorverdowend.
Maar die bosalarm begin oral opklink. Eers is dit die rasperagtige ontwaking van die Bosveldfisant, duidelik nie beïndruk met vanjaar se winterkoue nie. Toe, die veels te kletserige Swartoogtiptol (toppie) wat uit gister se skottel aas. Dan praat ek nie eens van een van my gunstelinge, die stygende dan dalende gesang van die Heuglinjanfrederik, nie!
Wanneer dit egter by die