Kuier

Verlief EN GELUKKIG

Die gewilde Suidooster-jet-setter Dean Smith vlieg in die eerste helfte van Julie saam met sy meisie, Bianca, Italië toe vir 'n romantiese oorsese vakansie –hulle albei se heel eerste oorsese trip!

Hulle sien daarna uit om vir 'n rukkie sorgvry saam te kan rondloop sonder om eers 'n hoodie-en-mussie-laag oor die kop te trek – soos as jy gou moet winkel toe, maar nie lus of tyd het om in die openbaar herken te word as Suidooster se Wade Daniels nie.

“As mense by jou kom, verwag hulle om 'n smile-gesig te sien,” sê Dean.

“Ek is net 'n normale mens. Ek sal loop in die mall en iemand sien my en sê: 'nou hoekom lyk jy dan nou so nors? Jy's dan nooit só op TV nie.' Daar is altyd 'n verwagting van hoe en wie jy veronderstel is om te wees as gevolg van wie mense dink jy is, of hoe hulle jou connect met TV,” vertel hy.

Bianca is glad nie in die bedryf nie.

“Sy's Engels en sy het glad nie eens Suidooster gekyk of geweet wat dit is voordat ons ontmoet het nie,” sê hy oor sy meisie.

“Vir my is dit nice, want ek kon net myself wees,” vertel die 28-jarige boorling van Malmesbury wat nou in Burgundy Estate in Kaapstad bly.

“Ek is mal oor die girl,” sê Dean met 'n vonkel in sy oog as

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier1 min read
Wenke Om Jou Eie Breinkaart Te Maak
1 Gebruik ’n skoon bladsy. Skryf die hoofgedagte of sleutelwoord in die middel van die bladsy neer. 2 Jy kan selfs die woord teken. Maak dit kleurvol. Jy kan ook jou eie kodetaal of “leertaal” ontwikkel. 3 Skryf die ander sleutelwoorde of belangrikst

Related